|
argief 1
argief 2
praagbesprekingslys op yahoogroups.com
word deel van die gesprek! sluit aan by praag se
gespreksgroep! stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com of
plaas 'n mening op ons gespreksforum
Dis nie net
Afrikaners wat so optree nie
Charmain, dit
slaan my ook dronk. Dis asof so baie Westerlinge (dis nie net
Afrikaners wat so optree nie) deur 'n soort blindheid of dalk 'n
psigiatriese afwyking oorval is sodat hulle nie langer leuens van
waarheid en vriend van vyand kan onderskei nie. Dit laat my dink aan
basterbrakke wat op hul maag seil as hulle dink hulle gaan geskop
word ― so seil sommige Afrikaners voor hulle meesters, die ANC, en
waai hulle sterte.
Jy sien, ek dink
baie Afrikaners het te veel van hulle geloof belê in die sukses van
die NSA. (Terwyl die normale mense, soos ons, geweet het dit sal 'n
aborsie wees), dus het dit hulle GELOOF geword. Ons sit ons geloof
in God, hulle het hul geloof in die ANC en die reënboognasie
geplaas. Noudat dit ooglopend begin word dat die ANC nooit vir 'n
oomblik hulle utopiese visioen gedeel het ― van wit en swart wat
skouer aan skouer werk en agterna saam 'n biertjie drink soos hulle
op tv-advertensies gesien het nie ― nou moet hulle vir hulle self
lieg en voorgee alles gaan volgens plan. En almal soos ons wat hulle
ontnugter deur uit te wys dat die reënboognasie se keiser nie klere
aan het nie word gehaat, want ons ruk hulle blinddoeke af en wys die
waarheid uit.
Magda
boontoe
|